KKNK kaartjiepromosie vir Oudtshoorniete

Hugo Theart, artistieke direkteur van die KKNK (links) en Christo van der Rheede (voorsitter van Kunste Onbeperk) by die uitvoerende burgemeester, Johan Allers, tydens ’n raadsvergadering verlede week toe hulle die waarde wat die KKNK tot die dorp toevoeg aan die raad voorgehou het. Foto: Hannes Visser

Oudtshoorniete het vandag en môre nog geleentheid om 50% op Feesmark-weekkaatjies en uitgesoekte teaterkaartjies te spaar.

Behalwe vir afslag op dosyne produksies wat toneel, komedie, musiek, dansteater en kinderteater behels, kan ’n weekkartjie vir die feesterrein vir slegs R400 gekoop word.

Kaartjies is slegs beskikbaar by die KKNK- kantoor (Die Neelsie, Jan van Riebeeckweg 217) en Toekomsrussaal (Zebraweg) van Donderdag 6 tot Saterdag, 8 Maart tydens kantoorure van 08:00 tot 17:00. Inwoners moet ’n bewys van hulle adres saambring as kaartjies gekoop word.

Afslagkaartjies is beskikbaar vir die volgende produksies:
Toneel
Add my op die groep, Albatros, Annie+Helen, ’n Begin, Die een wat bly, Die potplant: ’n Tragedie, Die Swartmerrie, Dinner met Diek, Double Trouble: Bettie innie selle & Chronicles vannie Lavis, [INDISTINCT CHATTER], Internet Sensasie, Isidlamlilo/The Fire Eater, Kroon en konfetti, Kruispad of Die legende van die goue vis, ‘KUNS’, Marion Monroe, Moedswil en muitery, Laaitie mettie biscuits, Liefdesbriewe, Öh, Pieces of me, Sonde met die spoke, Speelgoed van glas, Stinkhout, Wag!

Stand-up komedie
Iets histeries stand-up pakket met KG Mokgadi, Stuart Taylor, Nina Hastie, Yaaseen Barnes en Virgil Prins, asook Stuart Taylor: Odd man out en Yaaseen Barnes: The Alles in the Malles.

Kinderteater
Liewe Heksie en die wals en The King of Broken Things.

Musiek
88, Amanda Strydom: The Incredible Journey of Tinkerbell van Tonder, Blues by die kruispad, Danie Reënwolf en Johan du Toit: Songs, stories en gedigte, Die gevlerktes, Frieda van den Heever: Spoorsny, Klassiek en kwêla tot tango en techno en -LOOS.

Dansteater
SALT en Die een wat bly.
Vir meer inligting oor dié produksies, besoek die KKNK se webtuiste by kknk.co.za. (HANNES VISSER)

Be the first to comment on "KKNK kaartjiepromosie vir Oudtshoorniete"

Leave a comment

Your email address will not be published.


*