Bekende prokureur deels verlam ná fratsongeluk

Gideon Badenhorst. Foto: Die Hoorn

’N BEKENDE prokureur van Oudtshoorn, Gideon Badenhorst, is gedeeltelik verlam nadat hy vroeg Saterdagoggend by sy huis oor sy hond gestruikel en geval het.

Badenhorst het in ’n frats ongeluk so geval dat hy verskeie nekwerwels asook sy ruggraat (spinal cord) ernstig beseer het.

Hy is bekend op Oudtshoorn vir sy betrokkenheid in die gemeenskap.

Hy is onder meer ’n voormalige voorsitter van die Oudtshoorn Besigheidskamer en ook ’n jarelange klubkaptein van die Oudtshoorn Gholfklub.

Volgens ’n goeie vriend van Bekende prokureur deels verlam ná fratsongeluk Badenhorst, De Villiers Neethling,
is Badenhorst tydens ’n noodoperasie in die Mediclinic George gestabiliseer.

Hoewel sy toestand steeds ernstig is, is daar reeds tekens van positiewe vordering op sy pad na herstel.

Badenhorst sal volgende week na ’n kliniek in Kaapstad oorgeplaas word, wat spesialiseer in die rehabilitasie van spinale beserings.

Sy vrou, Anneline, en sy drie dogters, Anneke, Helene en Anecia, het gister die gemeenskap van Oudtshoorn bedank vir al die boodskappe van bemoediging, ondersteuning en veral gebede oor die afgelope dae. (Deur Liesel le Roux)