DIE verhoor van Heraldine Korkee (39), wat van moord op haar pasgebore seuntjie in Oktober 2016 aangekla word, is Dinsdag in die Streekhof op Oudtshoorn na 21 April uitgestel.
Korkee, van Dysselsdorp, pleit onskuldig.
Sy het in haar verklaring gesê dat sy nie bewus was dat sy swanger was nie en het die dag erge pyne ervaar. Sy is toilet toe waar die baba gebore is en glo versmoor het.
Volgens haar regsverteenwoordiger, Christo van der Bergh, is daar 14 getuies in die saak. Die staat het toe gevra vir uitstel.