Astrid wen Oktober se R10 000!
Astrid Arnoldus (links) is die derde gelukkige wenner van R10 000 in Timbercity Oudtshoorn se kompetisie met kontantpryse van altesame R50 000 oor die laaste vyf maande van 2021. Die R10 000-prys vir Oktober is deur Noël Booysen (regs) van Timbercity aan ’n glimlaggende Astrid oorhandig. Kliënte het nog die kans om einde November R10 000 en einde Desember R10 000 te wen!