April sal Dinsdag weet oor aansoek om verlof tot appèl

Gordon April.

Gordon April.

’N OUD-BURGEMEESTER van Oudtshoorn, Gordon April, sal Dinsdag (2 Mei) weet of sy aansoek om verlof tot appèl deur die hof toegestaan word.

April se regverteenwoordiger, Vaughn Shone, sê die saak is vanoggend tot 2 Mei uitgestel omdat die landdros, Mark van Wyngaardt, steeds siek is en nie vanoggend by die hof kon wees nie.

’n Versoek sal deur die hof aan Van Wyngaardt gerig word om sy beslissing of April se aansoek toegestaan word of afgekeur word, aan die hof te stuur sodat ’n ander landdros dit Dinsdag kan voorlees indien hy steeds siek is.

April bly in tussen steeds in hegtenis.