Appèl van Johan Brits misluk

Generiese foto

’n Voormalige bestuurder van Kango Wyne in Oudtshoorn, wat in 2015 ses jaar tronkstraf opgelê is, se appèl teen die vonnis het misluk.

Johan Brits (55) is op 16 September 2015 in die streekhof in Oudtshoorn skuldig bevind en ses jaar tronkstraf gevonnis op 23 aanklagte van bedrog en twee oortredings van die Drankwet, nadat hy ’n brousel van water met suiker en gis met wyn gemeng het en aan die publiek verkoop het.

Brits is tot agt jaar gevangenisstraf gevonnis, waarvan twee jaar vir 5 jaar opgeskort is op voorwaarde dat hy nie ’n soortgelyke oortreding begaan nie. (Deur Lindi Brill)

Be the first to comment on "Appèl van Johan Brits misluk"

Leave a comment

Your email address will not be published.


*