HOëRSKOOL Oudtshoorn se Anke Kruger, wat met sewe onderskeidings spog en ’n gemiddeld van 88.71%, is op pad Universiteit Stellenbosch toe sy BSc Sportwetenskap gaan studeer.
Hoewel wiskunde haar sterkste vak was, het sy dit uitdagend gevind, vertel sy. Maar sy kla nie, inteendeel, “ek hou daarvan as die vraestelle bietjie uitdagend is, want dit bied jou die geleentheid om bietjie verder te dink”.
Sy het in eksamentyd steeds saam met haar vriende gekuier en sê dit is die beste resep teen uitbranding. “Ek is bly ek het gesosialiseer terwyl dit eksamen was, anders sou ek myself uitgebrand het teen die tweede week.” Dit gaan alles oor balans en Anke het haar tyd goed verdeel.
Anke was baie pligsgetrou en hoewel sy soms nie gemotiveerd was nie, het sy steeds voor die boeke gaan sit om te leer. “Sukses kom nie deur agteroor te lê nie,” sê sy.
Sy sal haar matriekjaar vir altyd onthou as een vol hoogtepunte. “Mnr. en Mej. Struisie, die LOOP, die hokkietoere en ook die fun geleenthede buite skool was definitief hoogteunte.”
Anke spog met 7 onderskeidings
Anke Kruger