Almal hoop op reën ná hitte

MET ’n hittegolf wat temperature in die Klein Karoo Maandag en Dinsdag tot bokant 44 grade Celsius laat styg het, het inwoners die afgelope week tevergeefs die lug dopgehou vir reën om die hitte te breek.

Volgens die weerdienste YR en Windy was daar egter hoop op reën gister­aand (Woensdag) en vandag (Donderdag 6 Februarie) op Oudtshoorn.

Die enigste ligpunt in die gebied was Saterdagaand toe ’n donderstorm aan die Karookant van die Swartberge die Grootrivier in Meiringspoort laat afkom het.

Die poort is as gevolg daarvan Saterdag­aand vir verkeer gesluit.

Dit is die volgende oggend weer oopgestel.

Saterdagaand se reën het egter die opvangsgebied van die Stompdriftdam mis geval met die damvlak wat ná die reën net .2% sedert verlede week gestyg het tot ’n skrale 5,6%.

Die Stopfdriftdam buite De Rust word ook gevoed deur reën uit die Karoo. (Deur Liesel le Roux)