Afrikanerbond herdenk Afrikaans by Arbeidsgenot

Arbeidsgenot, die woning van CJ Langenhoven op Oudtshoorn. Foto: Hannes Visser

Die Afrikanerbond beplan ’n program op Woensdag, 28 Mei om Afrikaans se amptelike status van 100 jaar te herdenk. Die publiek word genooi om die oggend gratis by te woon. Die program begin om 09:00 met koffie en verversings.

Na die opening om 10:00 sal plaaslike digter en skrywer, Peet Vermaak, in die Neelsie ’n praatjie oor Langenhoven se bydrae tot Afrikaans en grepies uit sy lewe aanbied. Daarna word Arbeidsgenot onder Peet se leiding besoek.

Aangesien die agterwerf van Arbeidsgenot aanvanklik talle vrugtebome gehad het, plant die Afrikanerbond as deel van die program, ’n lemoenboom. Die dag word met ’n ligte ete om 12:30 afgesluit. Skakel Deon Joubert van die Afrikanerbond by 083 458 0706 vir verdere inligting. (HANNES VISSER)