AfriForum se slaggatprojek

Slaggate in Scheepersstraat is op 9 en 10 Augustus deur Afriforum herstel. Foto verskaf

AFRIFORUM se Oudtshoorn-tak het verlede naweek, 9 en 10 Augustus, die padoppervlak in Scheeperstraat voor Langenhoven Gimnasium laat herstel as deel van hul #VulDieGat-projek.

’n Plaaslike kontrakteur is aangstel om die herstelwerk te verrig. Herstelwerk het Vrydag begin deur die beskadigde gedeeltes uit te sny en voor te berei. Die gate is met teer gevul en met ’n eerste slurry-laag bedek. ’n Tweede slurrylaag is Saterdag aangebring.

’n Totaal van 190 vierkante meter is herstel. ’n Groter gedeelte is aanvanklik vir herstel geïdentifiseer in samewerking met die munisipaliteit, maar weens die munisipaliteit se skedule kon dit nie plaasvind nie. (Deur Heinrich Bosman)