Afriforum hou “massapatrollie”

Daar is deesdae landwyd, ook in die Klein Karoo, meer buurtwagte, met al hoe meer woonbuurte wat hul eie buurtwag stig of wil stig om misdaad te bekamp. Om mense meer bewus te maak van buurtwagte, het AfriForum Vrydagaand (30 Julie) landwyd, Oudtshoorn ingesluit, ’n “massapatrollie” gehou. Op Oudtshoorn het verteenwoordigers van plaaslike buurtwagte, die SAPD, sekuriteitsmaatskappye en verkeersdienste aan die patrollie deelgeneem deur in ’n konvooi voer­tuie deur die dorp te ry. Die eerste massapatrollie is in Maart gehou, maar toe het slegs buurtwagte daaraan deelgeneem. (Kyk ’n video op Die Hoorn se Facebook-blad.) Foto: Arno Greyling