AfriCamps Klein Karoo vier dekade verjaarsdag

AfriCamps Klein Karoo se splinternuwe luukse tent-eenhede. Foto verskaf.

AfriCamps Klein Karoo sorg al vir 10 jaar dat toeriste en besoekers aan Oudtshoorn ’n besonderse en unieke ervaring beleef wanneer hulle hier tuisgaan. Bekende name het oor die jare al hier kom kuier, soos die Springbok rugbysepelers John Smit en Victor Matfield en hulle gesinne.

Appel die bekende Afrikaanse sanger het ook al by AfriCamps geslaap. Hierdie unieke “glamping” styl verblyf, bekend as kamp in ’n luukse tent, is geskik vir die hele gesin, maar ook vir verliefdes wat graag wil wegbreek vir ’n romantiese naweek of vakansie.

Tente is uitgerus met luukshede soos kwaliteitlinne, lugversorging vir die warm maande en in die koue maande ’n heerlike kaggel. Daar is onlangs ook buitengewoon ‘Hottubs’ wat warm gemaak word met hout by 10 van die 17 tente bygevoeg asook drie Premium tente wat ideaal net vir paartjies is.

Die gewone tente kan vriende of families akkommodeer, want daar is slaapplek vir vyf. Daar is braaigeriewe vir die besoeker wat wil braai met alle eetgerei. Vir die wat net wil ontspan kan hulle ontbyt of aandete mandjies bestel en self voorberei. Gaste kan volstruisplaastoere onderneem en selfs meerkattoere, waar hul meer kan leer van die werksaamhede op ’n volstruisplaas en dierelewe in ons omgewing.

Daar is ook baie ander boksoorte soos elande, springbokke en koedoes om maar ’n paar te noem. Vir die De Jagers lê AfriCamps Klein Karoo baie na aan die hart omdat dit op familiegrond ontwikkel is. Arnold, wat een van die aandeelhouers is, Esti-Mari en hul seuns Arnold Jnr en Michael is baie betrokke by elke aspek, en sorg dat gaste bederf word met egte Karoo gasvryheid.

Daar is 19 AfriCamps kampe regoor Suid-Afrika, en elke kamp se tent lyk dieselfde binne, sodat gaste juis presies weet watter kwaliteit verblyf vir hulle wag.

Gaan loer gerus na www.africamps.com en bespreek nou vir daai lekker wegbreeknaweek om jou siel te kom verfris tussen die berge, blou lug en selfs die klippe eg aan die Klein Karoo.