Die hospitaalraad van die Oudtshoorn Hospitaal nooi jou Saterdag na ’n opwindende pretdag by die hospitaal in Parkweg waar fondse ingesamel word vir die opgradering van die kindersaal.
Oudtshoorn se uitvoerende Burgemeester Johan Allers sal om 10:00 die verrigtinge bywoon om die amptelike opening te behartig.
Belangstellendes is welkom om die dag hier te kom spandeer waar daar ’n heerlike hoenderbraai ete te koop sal wees, wat deel is van die fondsinsameling. Daar sal ook aktiwiteite soos Bingo en ’n springkasteel wees om die jongspan besig te hou.
Persone kan ook ’n finansiële bydrae maak en kontak maak met Eden FM vir meer inligting oor hoe om betrokke te raak.
Die gemeenskap word gevra om hierdie wonderlike inisiatief te ondersteun vir die hospitaal, wat die hele gemeenskap van die Klein Karoo dien en bystaan, en ook ’n verskil kan maak in pasiënte wat hier versorging en hulp ontvang. (ANGELIQUE ERASMUS)
Pretdag ten bate van Kindersaal
Generiese foto