26-jarige op taxi-staanplek vas vir dwelms

’N 26-JARIGE man is verlede Donderdag (4 Maart) op die taxistaanplek in Oudtshoorn vir die handel in dwelmmiddels in hegtenis geneem.

Volgens sers Gretchen Michaels, polisiewoordvoerder, het lede van die K9-eenheid (honde-eenheid) inligting ontvang dat iemand naby die taxi­staanplek handel dryf met tik.

Die 26-jarige het weggehardloop toe hy sien dat die polisiebeamptes hom nader.

41 bankies tik in sy besit gevind, asook ’n bedrag kontant.
Michaels sê ’n minderjarige seun is dieselfde dag ook op die taxi-staanplek in hegtenis geneem met vier bankies tik, vier halwe Mandrax-tablette en vier kwart Mandrax- tablette in sy besit.

• Daar word duidelik tans hard in die Suid-Kaap gewerk om dwelmhandel te beperk.

Volgens sers Christopher Spies, woordvoerder van die Suid-Kaap Polisie, is meer as 100 mense tussen verlede Donderdag en Sondag deur die polisie in die Eden Kluster (Suid-Kaap) in hegtenis geneem vir die besit van dwelms en gesteelde goedere – Van Oudts­hoorn tot Ladismith tot Buffelsbaai, Knysna en George.

Daar is tydens verskeie operasies in die streek beslag gelê dwelms ter waarde van derduisende rande.