OUDTSHOORN se Anuchka Henning het verlede week twee goue en een silwer medalje by die South African Championships for the Performing Arts (SACOPA) in Rustenburg verower.
Sy is ook gekies vir die Suid-Afrikaanse span wat in 2023 aan die World Championships for the Performing Arts in Hollywood, Los Angeles gaan deelneem.
Anuchka het vroeër vanjaar ook aan Idols South Africa se 18de seisoen deelgeneem en ’n “golden ticket” gekry nadat sy voor die reeks se beoordelaars opgetree het. Sy het egter later net voor die reeks se teaterweek uitgeval.
Sy was vandeesweek baie opgewonde oor die vooruitsig om in 2023 aan die wêreldkampioenskap in die VSA te kan gaan optree, maar sê sy sal hard moet werk om voldoende finansiële steun te kry sodat sy wel sal kan gaan. (Deur Liesel le Roux)
2 goud, 1 silwer vir Anuchka!
Anuchka Henning.