1 Jaar later: hoogtepunte en veranderinge

Dit is een jaar sedert Die Hoorn nuwe eienaars gekry het.

Ons kyk terug na die jaar wat verby is, en die nuwe veranderinge wat die koerant ondergaan het in die laaste 365 dae.

Die grootste veranderinge is seker die nuwe perseel, Hoogstraat 157, waarna die koerant verhuis het in Januarie 2023. Voorheen agter in PostNet by die Queen’s Mall.

Ons kry steeds gereeld kliënte wat wil kom afdrukke maak, maar dan besef dat die twee is afsonderlike besighede.

Lindi Brill, voorheen die koerant se bemaker het in die rol van joernalis ingeskuif. Nie net het sy ’n oog vir ’n goeie storie nie, maar haar video’s kry uitstekende aftrek.

Anna-Marie Roeland vul nou die bemarkerspos, en is ongelooflik bekwaam met oulike idees, en ook ’n bekende in Oudtshoorn se besigheidskringe.

Geraldine Grimbeek het ook aangesluit by die span in ’n admin rol, en is goed met syfers en die daaglikse take van die koerant.

Verder is Heinrich Bosman wat met die finansies en admin werk, en Tieneke Maritz ons oulike grafiese ontwerper, steeds op hul pos.

Cyril Clarke, ons formidabele proefleser kry elke week die bladsye digitaal en werk nou gemaklik van sy studeerkamer.

Die Hoorn se personeel sien uit na die volgende jaar en is opgewonde oor wat voorlê.

Ons gaan wel so bietjie vakansie hou vanaf 15 Desember tot 3 Januarie 2024, maar sal steeds beskikbaar wees op ons selfone!

Baie dankie vir elkeen se ongelooflike onder-steuning die afgelope jaar, dit is waarlik vir ons almal ’n riem onder die hart.

Heelbo is ’n paar van ons gunsteling voorblaaie en stories wat hoogtepunte gedurende die jaar was.