VULLISVERWYDERING is gister op Oudtshoorn hervat nadat on- tevrede tydelike wer-kers Dinsdag ander werkers verhinder het om die skoonmaakdepot te verlaat.
Geen vullisverwydering kon Dinsdag op Oudtshoorn plaasvind nie.
Die hervatting van dienste gister het gevolg op gesprekke tussen munisipale bestuurders en die tydelike werkers in ’n poging om die geskil by te lê.
Die munisipaliteit het nie inligting verstrek oor die rede vir die werkers se ontevredenheid nie.
Na wat onbevestig verneem word, is tydelike werkers ontevrede omdat die kontrakte wat met hulle gesluit is, ten einde loop.