De Rust: Rede vir nuwe watermeters

Deur Angelique Erasmus
500 nuwe watermeters, waarvan 234 meters in November 2018 en nog 256 meters tans geïnstalleer word, het De Rust aan die gons. Uit gesprekke met inwoners blyk dit dat nie almal opgewonde is oor die nuwe meters nie.

Volgens Ntobeko Mangqwengqwe, woordvoer­der van die Oudtshoorn Munisipaliteit, word die meters in die hele De Rust-gebied geïnstalleer.

Die meters, bekend as “smart meters”, is nie voorafbetaalbare watermeters nie.
Mangqwengqwe sê die installering van die nuwe meters is nodig omdat van De Rust se meters baie oud is, en dit probleme veroorsaak met die akkuraatheid van waterlesings in die dorp.