Amptenare van die Groter Oudtshoorn Munisipaliteit se uitstaande munisipale skuld is tans slegs sowat R207 000. Die res van die bykans R98 miljoen wat munisipale verbruikers tans skuld, kan voor die deur gelê word van huishoudings, besighede, regeringsinstellings, deernisverbruikers en die landbou.
Die grootste skuldenaars met skuld van ouer as 30 dae is om die waarheid te sê huishoudings wat ’n massiewe R55 miljoen agterstallig is.
Die Hoorn het verlede week berig dat die uitstaande skuld van amptenare én inwoners saam tans R98 miljoen is en die bedrag nie net die skuld van amptenare is, soos ’n munisipale persverklaring aanvanklik gelui het nie.
Die munisipaliteit het gister by navraag van Die Hoorn die volgende inligting verskaf oor wie vir die uitstaande skuld aan die munisipaliteit (skuld ouer as 30 dae) verantwoordelik is:
- Huishoudings: R54 560 690,18
- Besighede: R3 008 247,51
- Plase/boere: R4 801 323,68
- Regeringsinstellings – nasionaal: R1 516 819,32 enprovinsiaal: R2 637 797,71.
- Deernisverbruikers: R5 643 418,02
- Raadslede: R400,42
- Amptenare: R206 832,43
’n Lys van amptenare wat agterstallig is, is reeds opgestel en die afny van hul dienste het reeds begin. Die munisipaliteit het ook reeds begin om skuld van amptenare se salarisse af te trek, veral amptenare wat munisipale eiendom huur.
Dieselfde optrede sal gevolg word met raadslede wat nie hul skuld betyds betaal nie.
Volgens die inligting wat die munisipaliteit beskikbaar gestel het, moet munisipale gebruikers van die Groter Oudtshoorn op 10 Desember saam R25 085 101,87 vir hul munisipale dienste vir die maand betaal.
(Deur Liesel le Roux)