Kersvieringe by St Luigi Scrosopp

Foto: Stefan Skapie Goosen

Kersvieringe by St Luigi Scrosopp

Sinterklaas het ouder gewoonte ook vanjaar op 6 Desember by die St Luigi Scrosoppi Sorgsentrum in Wolfweg, Bridgton gaan kuier met die sentrum se jaarlikse Kersfeesvieringe. Nagenoeg aan 1 400 kinders van die gemeenskap is bederf met ’n Kersblyspel, iets te ete en ietsie vir die soettand wat deur Sinterklaas self uitgedeel is. Vanjaar het hy en sy helpers op ’n groot rooi Chevrolet-bakkie aangebrul gekom. Die kinders se opwinding was groot en vrywilligers moes hand bysit om die stralende gesiggies mooi te beheer. Dié aankoms van Sinterklaas is jaarliks een van die grootste gebeure op die kalender van die sorgsentrum – ’n projek van die onderskeie plaaslike Katolieke gemeentes. (Die volksnaam Sinterklaas is afgelei van Sint Niklaas, ’n biskop van Mira wat in die vierde eeu geleef het en bekend was om sy naasteliefde en vrygewigheid.)