Allen Paulse
Paulse aangestel as nuwe munisipale bestuurder
Die pos van munisipale bestuurder van die Groter Oudtshoorn wat vier jaar vakant was, is gister gevul toe die raad die huidige waarnemende munisipale bestuurder, Allen Paulse, in die pos aangestel het.
Paulse het sedert verlede jaar as munisipale bestuurder waargeneem toe hy nadat Oudtshoorn onder administrasie geplaas is, deur die Wes-Kaapse regering van die Bitou Mu- nisipaliteit af na Oudtshoorn gestuur is.
Paulse was munisipale bestuurder van die Bitou Munisipaliteit.
Hy is ook ’n voormalige burgemeester van die Paarl, adjunk-stadsklerk van George en munisipale bestuurder van die Breedevallei Munisipaliteit.
Dié sleutelpos in die munisipaliteit het in 2012 vakant geraak toe regter André Blignaut in die Kaapse Hooggeregshof die aanstelling in 2011 van die vorige munisipale bestuuder, Thandekile Mnyimba, ongeldig verklaar het. Ronnie Lottering het die laaste aantal jare voor admini-strasie in die pos waargeneem.
(Deur Liesel le Roux)
