
Die splintgernuwe Toyota C-HR, wat so pas in Suid-Afrika aangekom het, gaan beslis die aandag in vele opsigte trek. Eerstens is sy voorkoms van alle kante van so aard dat ’n mens hierdie voertuig (in die klein sportnutsvoertuigsegment) kwalik kan miskyk. Die C-HR is ook Toyota se eerste voertuig in Suid-Afrika wat deur Toyota se tegnologies gevorderde 1.2 liter turbo-petrolenjin aangedryf word. Dié enjin lewer 85kW krag en het ’n bestendige wringkragkurwe van 185 Nm tussen 1500 en 4000 rpm. Die Toyota C-HR kan reeds by Klein Karoo Toyota op Oudtshoorn besigtig word. Dié nuweling is egter reeds sterk in aanvraag en nie volop nie.