Hoë verwagtinge vir Creta

Die Hyundai Creta wat ’n waarborg van 7 jaar / 200000 km bied.

Die Hyundai Creta wat ’n waarborg van 7 jaar / 200000 km bied.

MET die aantreklike Creta, wat me-dedingend geprys is, het Hyundai die baie bedrywige mark van middelslag kompakte sportnutsvoertuie betree.

As die Creta, wat die kleinste van Hyundai se sportnutsvoertuie is, in die voetspore volg van sy groter boetie, die Tucson, kan dit Hyundai ’n goeie hupstoot gee wat sy totale verkope van passasiersvoertuie betref. Wat verkope betref, is die Tucson die voorloper in sy marksegment.

Stanley Anderson, verkoopsdirekteur van Hyundai SA, sê hy koester hoë verwagtinge vir die Creta. “Dit is ’n ruim, praktiese voertuig wat stewig gebou is en ’n uitstekende ritgehalte bied. Dit bied ook ’n goeie kombinasie van krag en styl met ’n ekonomiese enjin met genoeg krag.

Die Creta, wat vroeg vanjaar in Suid-Afrika bekend gestel is, is ’n voorwielaangedrewe voertuig en kom met ’n 1,6-petrolenjin sowel as ’n 1,6-turbodiesel-enjin uit.

Die petrolmodel is beskikbaar met ’n sesganghandratkas of ’n outomatiese sesgangratkas en die turbodiesel met ’n outomatiese sesgangratkas.

Die petrolenjin se maksimum ­kraglewering is 90kW teen 6300 rpm en 150 Nm wringkrag teen 4850 rpm. Die dieselturbo se maksimum-kraglewering is 94kW teen 4000 rpm en 260 Nm wringkrag teen 2750 rpm.

Met ’n grondvryhoogte van 190 mm is die Creta heel geskik vir slegte paaie, asook vir die strate van Oudtshoorn wat nog herstel moet word!

Die Creta se veiligheidskenmerke sluit in ’n ABS-remstelsel en elektroniese remverspreiding (EBD).
Die goed toegeruste Creta se prys wissel van R319900 tot R369900. Vir meer inligting oor die Creta besoek Oudtshoorn Hyundai of skakel tel 044 279 3010.