Ford SA kry nuwe grootbaas

DIE president en hoof uitvoerende beampte van Ford SA, Jeff Nemeth, se plek is begin vandeesmaand ingeneem deur Casper Kruger, wat as besturende direkteur aangestel is.

Kruger sal help om om te sien na Ford se sakebedrywighede in onder meer Suid-Afrika en Suider-Afrika, luidens ’n persverklaring van Ford.

Nemeth het skerp kritiek verduur weens Ford se hantering van die pro-bleem rondom Kuga’s wat aan die brand geslaan het.

Kruger was voorheen die vise-president: motorverkope van Toyota Suid-Afrika.