Vroue-student in hegtenis na protes

DIE Oudtshoorn Polisie ondersoek ’n saak van openbare geweld nadat ’n vroulike student van die Suid-Kaap Kollege Dinsdagoggend ’n polisie­beampte aangerand het.

Volgens sers Gretchen Michaels, woordvoerder van die Oudtshoorn Polisie, het die student die oggend ’n protesaksie by die kollege begin en bande gebrand, waarna sy in hegtenis geneem is.