Deur Garnett Wicomb
DIE saak teen Ellen Mentoor (37) van Bridgton wat van moord op haar seun aangekla was, is Vrydag van die hofrol verwyder omdat die polisie-ondersoek sloer.
Mentoor is daarvan aangekla dat sy haar 16-jarige seun, Clinton, op 9 September 2017 tydens ’n stryery, met ’n mes in die nek gesteek het.
Die saak is van die hofrol verwyder omdat die polisie-ondersoek nog nie afgehandel is nie. Sy is egter deur landdros Roelf Konstabel meegedeel dat die saak met die afhandeling van die ondersoek weer op die hofrol teruggeplaas kan word.