Oor-vyftigs teiken van bedrog by kitsbanke

MENSE ouer as 50 jaar is ’n teiken van kitsbankbedrog op Oudtshoorn, waar­sku die Oudtshoorn Polisie.
“Al die slagoffers die laaste tyd was ouer as 50 jaar,” sê kapt Louis Visser, polisiewoordvoerder vir Oudts­hoorn.

Die jongste voorval van kitsbank­bedrog was die afgelope Saterdag toe R3 600 uit ’n inwoner se rekening by ’n kitsbank in Hoogstraat onttrek is.

Volgens Visser wou ’n inwoner omstreeks 11:30 geld by die kitsbank onttrek, toe iemand – soos in ’n vo­rige geval – iets in die masjien gedruk en daarin geslaag het om die kaart te vat en kontant te onttrek.