Mans kry borg – Moordsaak in Gauteng

Deur Ilze-Mari Gründling
DIE twee mans wat deur polisiebeamptes van Gauteng in Oudtshoorn in hegtenis geneem is in verband met ’n moordsaak in Primrose, Germiston, is elkeen borg van R1 000 toegestaan.

Randall Brown en Barend Human is op 4 en 6 September vanjaar in Oudtshoorn in hegtenis geneem en aangehou voordat hulle na Gauteng vervoer is. Volgens sers Styles Moame, woordvoerder van die Primrose Polisie, het die mans gister weer in die hof verskyn vir ’n aansoek om die saak van die distrikshof oor te plaas na die streekhof.