Deur Ilze-Mari Gründling
’N 21-JARIGE man van Oudtshoorn het Dinsdag in die Oudtshoorn Landdroshof verskyn op aanklag van moord nadat hy ’n 16-jarige seun na bewering met ’n skerp voorwerp in die bors gesteek het.
Volgens kapt Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn Polisie, het die voorval om 20:55 in ’n oop stuk veld naby die blinkhokke in Rosevalley plaasgevind.
Die liggaam van die 16-jarige Gareth Gerswin Jacobs is deur die polisie in die veld gevind.
Die aangeklaagde, Hiriam Botha, is tans in aanhouding en sal weer op 1 Augustus 2017 in die hof verskyn vir ’n aansoek vir borgtog.