Deur Liesel le Roux
INWONERS van Oudtshoorn wat in besit is van groen ID-boekies kan nou aansoek doen vir ID-kaarte om die boekies te vervang.
Inwoners wat 60 jaar en ouer is se ID-kaarte sal gratis aan hulle uitgereik word.
Ander inwoners sal egter ’n fooi van R140 moet betaal vir ’n ID-kaart.
Neem ’n bewys van adres, huweliksertifikaat, egskeidingsdokument en ’n beëdigde verklaring as die ID-boekie weg is, saam.