Jong man voor vir poging tot moord by museum se telefoonhokkie

Deur Garnett Wicomb
DIE saak teen ’n man van Oudtshoorn wat van poging tot moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer en opsetlike saakbeskadiging aangekla word, is in die streekhof vir verhoor uitgestel.

Shone van der Schyff (27) het na bewering op 21 September 2017 vir Jestiny Booysen (26) met ’n skerp voorwerp gesny of gesteek, vir Ruad Booysen met dieselfde voorwerp probeer steek en die deur van ’n telefoonhokkie by die CP Nel Museum beskadig.

Streeklanddros Retha Pretorius het die saak vir verhoor tot 24 April uitgestel.