Deur Garnett Wicomb
’N VERKEERSBEAMPTE van Oudtshoorn wat teregstaan op twee klagtes van korrupsie, het Maandag vlugtig in die landdroshof op die dorp verskyn. Marshall Wagenaar (40) word daarvan aangekla dat hy in April 2017 by twee geleenthede gratifikasie van onderskeidelik R2 500 en R3 500 van twee broers, Johannes en Nicolas Mulder, ontvang het vir vroeër datums om hul swaarvoertuiglisensies te bekom.
Landdros René Gerber het die saak vir verhoor in die streekhof tot 14 Maart uitgestel.