DIE Calitzdorp Polisie vra die publiek vir inligting nadat ’n vrou verlede Donderdagaand (2 November) deur vier of vyf jeugdiges aangerand en verkrag is.
Die voorval het omstreeks 20:00 naby Royal Heights in Bergsig plaasgevind terwyl die vrou – na ’n argument met haar vriend – besluit het om na ’n niggie se huis te stap.
Die vrou was na bewering erg onder die invloed van drank en kan nie gesigsbeskrywings van haar aanvallers gee nie. Enigiemand met inligting kan ao G Thysse by 044 203 7500 of 083 480 6705 kontak.