Bo: Dié ou park in Voortrekkerweg waar die Burgersentrum tans staan.
VOORTREKKERWEG, een van Oudtshoorn se oudste strate en ’n hoofroete deur die dorp, was aanvanklik met die opmeting van die dorp in 1847 bekend as Markstraat. Dit is in 1938 met die 100-jarige herdenking van die Groot Trek na Voortrekkerweg herdoop.
Daar is beplan dat die plein op die kruising met Langenhovenweg die sentrale punt van die dorp moet wees dit en is Market Square genoem. Dekades later is dit na Verwoerdplein herdoop.
Vroeër jare was daar ’n park op die terrein waar die Burgersentrum nou staan, met fonteine, standbeelde, ens (foto op bl 6). Trappe het afgegaan na die Recreation Grounds waar sport en ander vertonings plaasgevind het. Die ou paviljoen daar is in 1894 deur die Recreation Grounds Company opgerig – vandaar die naam wat almal ken: die Rec!
Een van die mooiste geboue in die straat is Foster’s Manor, ’n verklaarde erfenisterrein. Dit is deur Charles Bullock ontwerp en in 1902 gebou.