Huisarres en gemeenskapdiens vir drie met dooie diere in voertuig

Deur Ilze-Mari Gründling
DRIE mans wat verlede jaar in April tydens ’n padblokkade buite De Rust met vier steenbokke, ’n aardwolf, ’n hond en ’n dassie vasgetrek is, is einde verlede jaar deur landdros Lorraine Sameuls tot ’n boete van R10 000 of 18 maande gevangenisstraf – opgeskort vir vyf jaar – gevonnis.

Mzukisi Sias, Sparks Retyu, Fundisile Maseti is ook gevonnis tot ’n verdere 12 maande huisarres en gemeenskapsdiens vir ’n periode van 1 200 uur waarvan hulle 100 uur per maand moet doen.

Die beskuldiges moet hulle ook tydens hul vonnistydperk weerhou van sterk drank en dwelms.
Volgens kapt Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn Polisie, is hul voertuig aan die staat as verbeurd verklaar.