Van die gesteelde goedere wat in ’n man van Bongolethu se huis gevind is. Foto verskaf
Deur Ilze-Mari Gründling
DIE Oudtshoorn Polisie het Dinsdag ’n 37-jarige man van Bongolethu in hegtenis geneem in verband met ’n diefstal op 27 en 28 September by die curio-winkel van die Chandelier Game Lodge.
Chandelier is net buite Oudtshoorn op die George-pad geleë.
Jan van Bellen het gister in die Oudtshoorn Landdroshof verskyn. Volgens sers Gretchen Michaels, woordvoerder van die Oudtshoorn Polisie, is die meeste van die gesteelde goedere – onder meer volstruisleerbeursies – in sy woning gekry.