Colan Sylvester. Foto: Schalk le Roux
DIE Groter Oudtshoorn se burgemeester, Colan Sylvester, is tans lid van ’n DA-afvaardiging wat ’n studiereis na Duitsland, België en Holland onderneem.
Die afvaardiging het Saterdag (7 Oktober) uit Suid-Afrika vertrek met die doel om in Europa meer te leer oor plaaslike regering en ekonomiese ontwikkeling.
Die reis word befonds deur die DA.
Oudtshoorn se onder-burgemeester, Noluthando Mwati, tree in Sylvester se afwesigheid op as uitvoerende burgemeester.
Sylvester sal weer op Dinsdag, 17 Oktober, na sy kantoor terugkeer.