DIE Wes-Kaapse Drankraad het ’n taverne in Bongulethu, Oudtshoorn ’n stywe boete van R50 000 opgelê nadat ’n minderjarige meisie einde April op die perseel aangetref is.
Volgens kapt Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn Polisie, is ’n verslag oor die voorval aan die Drankwaad voorgelê, waarna die Mbomgeni Tavern in Siyabongastraat beboet is.
Na vertoë van die taverne aan die Drankraad is die boete na R20 000 verminder, met ’n verdere R20 000 opgeskort vir vyf jaar met die voorwaarde dat die eienaar nie weer Artikel 54(4) van die drankwet oortree nie.
Indien die eienaar nie die boete betaal nie, sal die taverne se dranklisensie onmiddellik opgeskort word.