20 jaar tronk toe na 24 steekwonde met mes

Deur Garnett Wicomb
’n Man (56) van Nissenvile, Ladismith wat sy vrou 24 keer met ’n mes gesteek het, is in die Ladismith Streek­hof 20 jaar gevangenisstraf opgelê nadat hy ’n pleitooreenkoms met die staat aangegaan het.

Die 56-jarige Petrus Ruiters het erken dat hy sy 60-jarige vrou, Johanna Ruiters, in haar bed vermoor het omdat hy vermoed het dat sy ’’n buite-egtelike verhouding gehad het.

Die staatsaanklaer, Hyron Goulding, het dit egter aan die hof gestel dat dit nie die geval was nie.

Ruiters het nadat borgtog aan hom toegestaan is, by die woning waarin hy sy vrou vermoor het, met ’n nuwe saamleefvrou ingetrek.

Hy het ’n pleitooreenkoms met die staat aangegaan waarin hy skuldig pleit op aanklag van moord met voorbedagte rade en ’n voorgestelde vonnis van 20 jaar gevangenisstraf opgelê word.

Die saak het voor streeklanddros Retha Pretorius gedien.

Anzelle Loubscher het namens Fortuin verskyn.