Beweerde verkragting van 12-jarige meisie
Ilze-Mari Gründling
’N 19-JARIGE man is in hegtenis geneem nadat hy na bewering ’n 12-jarige meisie van Bergsig, Calitzdorp verkrag het.
Volgens ao Jan Cederas, woordvoerder van die Ladismith Polisie, het die beskuldigde by die meisie se broer, wat ook haar voog is, gewoon toe die voorval plaasgevind het.
Die beweerde voorval het op Vrydag 4 Augustus om 20:00 plaasgevind.
Oudtshoorn se eenheid vir kinderbeskerming, gesinsgeweld en seksuele misdrywe ondersoek die saak.
Die man sal vandag in die Calitzdorp Landdroshof verskyn.