Verjaardag by Arbeidsgenot gevier

Links: Joan Nieman,  voormalige radio-omroeper, lees uit Langenhoven se werk tydens die vieringe. Agter links is Jan Odendaal, bestuurslid van die Langenhoven Gedenkfonds.          Foto: Liesel le Roux

Links: Joan Nieman, voormalige radio-omroeper, lees uit Langenhoven se werk tydens die vieringe. Agter links is Jan Odendaal, bestuurslid van die Langenhoven Gedenkfonds. Foto: Liesel le Roux

DIE volksdigter CJ Langenhoven se verjaarsdag is verlede Vry­dag met die hys van die landsvlag en ’n krans­legging by Arbeids­genot, sy eertydse woonhuis wat as museum op Oudts­hoorn bedryf word, gevier.
Leerders van Langenho­ven Gimnasium op Oudts­hoorn en die Hoërskool Lan­genhoven van Riversdal het die geleentheid bygewoon en bydraes gelewer. Die onder-hoofleiers van Langenhoven Gimnasium, Gert Nel en Helena van Heerden, het die vlaghysing waargeneem, terwyl Johan Mostert, hoofseun van die Hoërskool Langenhoven, die geleentheidspreker was.

Mariana Swanepoel wat altesame 26 jaar by Ar­beids­genot betrokke was, het ’n krans op Langenhoven se graf geplaas.

Verteenwoordigers van die Oudtshoorn Besigheids­kamer en die toerismeburo het ook die funksie bygewoon.