Die Ladismith Polisie het die afgelope naweek 12 mense in hegtenis geneem vir sake wat verband hou met dwelms. Volgens ao Jan Cederas, woordvoerder van die Ladismith Polisie, is beslag op 3,5 kg dagga, 26 tikstrooitjies en 111 Mandrax-tablette gelê en is beslag gelê op R2 910 kontant. Die polisiebeamptes betrokke was lt kol Jakobus Marthinus, sers Glenville Barry, sers Marelize Erasmus, Glinis Isaacs, konst Madery Arends, konst Marco Fortuin, mnr Wilhelm Braaff en konst Patrick Roodman. Foto verskaf