10 vas vir dwelms

Deur Ilze-Mari Gründling
TIEN persone is die afgelope naweek deur die Ladismith Polisie in hegtenis geneem vir die besit van dagga, mandrax en tik.

Volgens ao Jan Cederas, woordvoerder van die Ladismith Polisie, is die jongste persoon 18 jaar oud en die oudste persoon 63 jaar.

Beslag is gelê op 627 gram dagga, ses tikstrooitjies en 27 mandrax tablette.

Die mans het Maandag (18 September) in die Ladismith Landdroshof verskyn.

Kapt Henry Edwardes van die Ladismith Polisiekantoor het die polisiebeamptes bedank vir hul harde werk om misdaad te bekamp.