WhatsApp’s van lesers: 22 Junie 2023

■ Ek wonder wat deur die gedagtes van Raadslede gaan as hulle sien hoe die kosbare water in die Grobbelaarsrivier nutteloos wegvloei na die see, en dit terwyl ons dorp byna permanent waterbeperkings moet instel om die steeds groeiende inwonerstal en huise van water te voorsien.

Ek wonder maar net.

Wanneer gaan die “penny drop”? Sterkte met die beplanning…indien daar so iets bestaan. 
– Pieter

Terugvoer vanaf die burgemeester:
Daar is ’n omvattende meesterplan vir watervoorsiening wat lank reeds opgestel is sowel as ’n volledige provinsiale watersekerheidsplan.

Die totale benutting van waterbronne word hierdeur gedek.

Die leser is welkom om die volle planne aan te vra indien hy dit wil bestudeer.

Hierdie planne maak ook voorsiening vir kosbare landbouwater.

Water wat in die Grobbelaarsrivier deur die dorp loop, loop beslis nie “nutteloos” verby nie.

Dit kom vanaf De Hoek en De Kombuys en is uitsluitlik vir landboudoeleindes.