Stapgeleenthede
“Ek is een van die baie wat langs die spoorlyn (langs Jonckies vervoer) stap, draf of fietsry.
Groot was my teleurstelling toe dit toegespan word en ek het gewonder waar sal ek nou nog kan stap met my hond sonder dat sy op ’n leiband is.
Nadat die betrokke persone die redes aan my verduidelik het, naamlik om ongewenste elemente uit te hou en sodoende ons almal se veiligheid te verseker, kan ek opreg sê ek waardeer wat hulle gedoen het.
Daarom my opregte dank en waardering aan die betrokke persoon en sy span.”
– Johan Ruthven
Terugvoer vanaf die betrokke partye:
Die redes waaroor ons ’n heining opgesit het is omdat daar baie voertuie wat misdade pleeg, daar inkom soos dwelms in die dorp inbring.
Die grondpad word nie deur die polisie of verkeer gemoniteer nie omdat dit privaatgrond en -pad is.
Daar is ook baie ongure karakters wat nie daar naby bly nie, maar wat gereeld daar deurstap.
Ons het ook broeivoëls wat daar staan en gereeld deurloop onder verediewe.
Dit is gedoen om die algehele veiligheid van die area en omliggende besighede op te skerp.