■ Hier is gevaarlik baie mense in die Klein Karoo wat sonder om links of regs te kyk voor voertuie indraai of ’n U-draai in die pad maak. Dit het die week nou twee keer reg voor my op Oudtshoorn gebeur. Kan ons almal asb wak-ker word en padreëls begin gehoorsaam.
■ Sal ons reën kry as ons vra. Die Here het geen probleem met Sondagwerk nie, dis nie sy rusdag nie! Hy wil hê ons moet Hom eer en gehoorsaam. Hoe kan Hy glo ons bedoel goed as ons Hom minag deur sy opdrag “onderhou die sabbat dat jy dit heilig” te verander soos dit ons en ons tradisie pas? As jy in Hom glo, sal jy sy opdragte uitvoer. Begin weer by Genesis 1 tot Deuteronomium en leer Hom en sy opdragte ken. Volg dit na en ontvang sy seën.
■ Die mense van die Klein Karoo, Groot Karoo en Noord-Kaap moes baie gesondig het dat dit so droog is… Dit is ’n natuurverskynsel en nie ’n straf van God nie. Martin.