■ Kan die munisipaliteit nie die Rust-en-Vrede- waterval se piekniekterrein opknap nie, soos by-voorbeeld die gras sny, braaiplekke opknap, die toilette regmaak, aandag skenk aan die tafeltjies en stoeltjies – aangesien die toeriste moet ingangsfooie betaal en die toilette buite werking is.
■ Moet ’n buseienaar dan nie sy eie depot hê waar die busse staan en aan gewerk word nie, want die skoolpersele is deesdae die depots vir busse van privaateienaars.
■ Met die stories oor ’n Pierneef-skildery wat verdwyn het uit die Vrystaatse premierskantoor, wonder ek of die Oudtshoorn Munisipaliteit nog in besit is van sy waardevolle Hugo Naudé-olieverfskildery? Nic Barrow
■ Met betrekking tot die Kooperasie Mall: Ai, die beswaardes tog van hierdie dorp! Dis hulle wat ons dorp se vooruitgang demp! Beste van alles is dit altyd inkommers met negatiewe opinies.