■ Hoe is dit dat iemand se reproduksiesisteem 0% nie my besigheid is nie, maar terselfdertyd 100% my finansiële verantwoordelikheid is?
– Desmond Windvogel
■ Aan Johan Fourie, gaan kyk bietjie hoe lyk jou wyk se strate. Oranjestraat tussen Jan van Riebeeckweg en Buitekantstraat is ’n tragiese voorbeeld. Philip Goets (Raadslid Fourie het laat weet dat die klagte deurgegee is aan die relevante departement. – Redakteur)
■ Ek hoop die boomafkappers in die dorp het Katot Meyer se stuk verlede week in Die Hoorn gelees. Ek weet van mense wat bome afkap net omdat dit blare mors.
■ Stem saam met ENGEE se sms in verlede week se Hoorn oor die toestand van die sypaadjie voor die Departement van Arbeid se kantoor in Regentstraat. Die sypaadjie is bedek met grond en die urine “trek in”, wat bydra tot die urine- en ontlastingreuke. Om alles te kroon is hierdie onhigiëniese toestand skuins oorkant die gesondheidinspekteurs se kantore.
Die Tuinroete Distriksmunisipaliteit onder wie die Departement Gesondheid val, het soos volg op die sms gereageer: “Lede van die publiek tree dikwels onwenslik op deur veral naweke en soms gedurende weeksdae die betrokke per-seel te besoedel met rommel of deur selfs daar te ontlas en urineer. Oor naweke word die perseel gereeld vuil en is daar selfs ’n onwelriekende reuk wat agtergelaat word as gevolg van urine en ontlasting. Die skoonmaak en ontsmetting van die perseel vorm deel van die plaaslike munisipaliteit se volgehoue skoonmaakprogram, wat die middedorp insluit.”