■ Is daar asb mense wat ’n skenking van ’n kombers of enige kositems, ook dierekos, wil maak vir bewoners langs die Buffelsdrift-grondpad en hul diere? Die toestand is erg! Enige skenking is welkom! U kan dit afgee by Lee-Ann van Sittert, Kango Dierekliniek. Baie dankie!
■ My tuinman haal my gras uit. Hy vra of hy dit mag kry om by hom te gaan plant in Smartie Town want hulle het baie water daar. Grasloos van Wesbank
■ Dankie aan die inwoner van Oudtshoorn wat inisiatief geneem het om die toegegroeide sypaadjies na Oewersig skoon te maak. (Die Hoorn is bewus van munisipale werkers – na bewering ses van hulle – wat onlangs met grawe daar afgelaai is – waarskynlik om daar skoon te maak. Hulle het egter volgens ons inligting daarna meer as twee ure op die sypaadjie in die son gesit en gesels voordat hulle in die rigting van die dorp teruggestap het. Die voorval is onder die munisipaliteit se aandag gebring en hopelik is teen die mense opgetree. – Redakteur)
■ Daar is mense wat vertel dat ander nog grasperke natspuit. Kan dit waar wees in hierdie droogte met water wat opraak?