■ Daar heers groot opgewondenheid in die gemeenskap oor die bou van ’n besigheidskompleks (winkelsentrum, ens) in Bridgton. So baie werksgeleenthede en stapafstand vir die gemeenskap. Dit is jammer dat sekere politieke leiers die projek wil verongeluk omdat daar nie persoonlike voordeel vir hulle is nie. Die munisipale amptenare wat so baie ingesit het en gehelp het om ’n droom nou ’n werklikheid te maak, verdien ’n klop op die skouer!
■ Die gemeenskap wil weet wat het van die twee kruise geword. Kan die raad of die iemand inligting verstrek aan die gemeentskap? James Stokes
■ Dit sal wonderlik wees as die inwoners van Oudtshoorn die werk vir die nuwe Mall kan kry! Om buitemense daarvoor te gebruik, is amper om kos uit die kinders se monde te neem! Petro Heyns. (Die ontwikkelaar is verbind daartoe om Oudtshoorniete te laat voordeel trek uit die sentrum en werk te verskaf waar moontlik. Die Hoorn het dit verlede week berig. – Redakteur)
■ Kan die inwoners van Jan van Riebeeckweg asb saamstaan en hul oë oophou sodat ons die mense kan opspoor wat vullis los voor inwoners se huise op die sypaadjies?
■ Wil u nie asb help om die Evangelie te bevorder nie? Onthou die radiofrekwensie 107.4 van Heartbeat FM. Raak-Vat elke Dinsdag tussen 5 en 6 saam met apostel Mondo C Williams.
■ Ek as ’n betalende lid van water wil net vra of die inwoners van Riemvasmaak en Bongoletu betaal vir hul watergebruik. Hulle mors water. Ons wat betaal, moet ander mense dra.Waar is die waterfiskale wat aangestel sou word? (As u weet van mense wat in enige plek in die Groter Oudtshoorn water “mors”, is dit belangrik dat u die spesifieke adresse aan die munisipaliteit verstrek sodat teen die mense opgetree kan word.- Redakteur)